Laat die skrywer toe om jou weg te voer in hierdie boek wat jy nie gaan kan neersit nie!
Boesmanland, vat my hand. So sing ons hom. So dans ons hom en so luister ons na hom. Daar is, vir ons Boesmanlanders, net een land — en dit is die Boesmanland.
Hannelie van Niekerk, ‘n Boesmanlander in murg-en-been, bly op Brandvlei en wil graag met haar boek stories weergee oor die Boesmanland humor — humor vanweë droogtes en swaarkry. Sy wil graag hê dat mense hierdie boek moet lees om dit te geniet en om sodoende meer van die Boesmanland te weet.
Sy begin haar boek met ‘n gebed, soos wat ons in die wêreld alles met ‘n gebed begin, of open. “As jy nie in die ou wêreld van ons geloof het nie, kan jy maar jou goedjies pak en loop.”
Uit die pen van talentvolle skryfster Hannelie van Niekerk. Die Boesmanland, in die Noordweste van Suid-Afrika ervaar die ergste droogte in die geskiedenis van die dié streek. Sy het 50 boervroue gevra om oor hulle belewenis te skryf in die boek, My naam is Rut. Sy deel die opofferings, die hartseer maar ook die hoop van vele Boervroue tydens hierdie uitmergelende droogte in ons geweste. Sy het die pad saam met elke vrou gaan stap en nooi ons na elkeen se binnekamer.